Monday 23 July 2012

Empatie teenoor vriende op sosiale netwerke



Soos wat ek in die hoofstuk oor Die Vriendskapsverhouding in my boek oor EMPATIE: In Mekaar Se Skoene uitstippel, is empatie teenoor vriende ook baie belangrik.

Vandag het ons vriende op sosiale netwerke.  Baie van hierdie “vriende” is mense wat ons nog nooit ontmoet het nie. In die ou dae het die grootmense altyd gesê dat jy aan jou vriende geken word. Is dit steeds vandag so en dink jy dit is regverdig wanneer mense jou facebook blad beloer om te sien wie jou vriende is en jou dan daarvolgens beoordeel?

Wat kan vriende op sosiale netwerke op jou blad laai en wat nie? Dink jy Empatie is ook belangrik wanneer dit by sosiale netwerke kom?

Die laaste paar weke sien ek gereeld versoeke van facebook vriende aan sy / haar vriende om nie sommer enigiets op hul blad te laai nie.

Is vriende wat so 'n versoek rig onnodig sensitief of is dit hul goeie reg om so 'n versoek te rig? Dink jy sosiale netwerke het mense van goeie maniere beroof?

Wat is van die goed wat vriende op jou blad laai wat jou irriteer?
Is dit:
Die gereelde “join my cause” versoeke.
Wanneer mense iets op jou blad laai wat niks met jou te make het nie.
Wanneer mense hul besigheid op jou blad adverteer, sonder jou toestemming?
Wanneer vriende jou “tag” in 'n foto wat niks met jou te make het nie?
Wanneer vriende hul profielfoto met 'n geslagsorgaan vervang, wat dan ook op jou blad wys waar hulle kommentaar gelewer het?

Is jy een van daardie Facebook vriende wat al jou vriende se mure as jou'e beskou?
Laai jy enigiets op jou vriende se muur, sonder om hul toestemming te vra? Indien ja, hoekom doen jy dit? Is dit omdat jy self nie omgee wat jou vriende op jou blad laai nie?

Baie vriende voer aan dat sommige “skuldiges” wat hul muur op die manier misbruik, se blad so ingestel is dat ander nie sommer enigiets op hul blad kan laai nie. Is jy een van daardie wat enigiets op ander se muur laai, maar voorsorg tref om te verseker dat hulle nie iets op jou blad kan laai nie, tensy hulle kommentaar lewer op iets wat jy gesê het?

Wat dink jy hiervan? Is dit nodig om empatie teenoor vriende op soiale netwerke te betoon?

Luister môre (Dinsdag) saam wanneer ek, Martelize & Johan hierdie kwessie bespreek, gedurende my gereelde Empatie bydrae op RSG. Bly ingeskakel tussen 09h00 & 10h00.

Gesels gerus saam
Jy is ook welkom om jou sms na die ateljee te stuur by 33343 indien jy kommentaar wil lewer.
R1, 50 per sms.

Wat is jou Empatie kwessie?
Jy is verder welkom om 'n empatie kwessie waarmee jy worstel, onder ons aandag te bring. Ons bespreek dit graag en gee praktiese advies waarop jy dit beter kan hanteer. Stuur jou sms na die ateljee by 33343, Maandag tot Vrydag tussen 09h00 en 12h00. R1,50 per sms.

“RSG, Dis die een.”

Indien jy my boek: In Mekaar Se Skoene wil bestel, gaan na jou naaste Exclusive Books tak of na Bargain Books. As hulle dit nie in voorrad het nie, vra hulle om vir jou te bestel by On The Dot.
Jy is ook welkom om by my te bestel.




Spesiale aanbod – geen posgeld tot einde Julie (wanneer jy by my bestel)
Hierdie aanbod is geldig vir bestellings geplaas tot Dinsdag, 31Julie 2012. Kontak my vir meer besonderhede.

Vriendelike Empatie Groete,

Andeline

Http://www.andeline.co.za

info@andeline.co.za


Andeline Williams-Pretorius is Inspirerende Spreker en passievol oor Empatie en hoe hierdie wonderlike gawe verskillende verhoudings kan verbeter, versterk asook gebroke verhoudings kan herstel.

Dit sluit in die gesin, skoonfamilie, die werksplek, vriendskap, rasseverhoudinge.  Sien my webblad vir meer onderwerpe.


My nuutste onderwerp, 
spesiaal vir vroue of geleenthede vir paartjies.

Emosionele Intelligensie - Die wolf by die agterdeur

Emotional Intelligence - The Wolf at The Back Door

In hierdie onderwerp, kyk ek na die verskynsel waar al meer vroue (getroud of in 'n langtermyn verhouding) voor die versoeking swig om 'n buite-egtelike verhouding aan te knoop.  Ek kyk ook na oorsake, sowel as na maniere om hierdie verskynsel te oorleef en jou goeie reputasie te behou.

Gesprekke oor 'n tydperk van sowat 'n jaar met vroue van verskillende rasse en kulture, beklemtoon die belangriheid van meer gesprekvoering in die verband.
  

Al my onderwerpe is in Afrikaans sowel as in Engels.

Kontak my vir meer besonderhjede om as gasspreker by jou volgende funksie of konferensie op te tree. 

Verwysings beskikbaar. 



No comments:

Post a Comment